Terugvoer
  RIGLYNE VIR BESTELLINGS

TuisBlad
Terug
Bestelvorm
Riglyne vir bestellings
Voortrekkerdragstukke
Voortrekkerkentekens
Drukwerk en Lektuur
Diverse
Spankentekens
Spesialisasies PD's
Spesialisasies VK's

 

Kliek hier om "Acrobat Reader" af te laai !
Kliek hier om JAVA te kry.

 

 
1         INLEIDING

1.1      Die Voortrekkerdepot is die enigste verskaffer van voortrekkerdrag, kentekens en drukwerk vir Die Voortrekkers.

1.2  Die Voortrekkerdepot is nie 'n winkel in die gewone sin van die woord nie, maar verkoop goedere net aan lede van die Voortrekker-beweging omdat Die Voortrekkers van invoerbelasting, lisensies en ander belastings vrygestel is.

1.3  Die aankooppryse van alle artikels verskyn in die pryslys en sluit BTW in.

1.4  Ons sal probeer om nie die pryse te verander nie. lndien nuwe voorraad inkom en dit verhoog die prys sal daar aanpassings gemaak moet word.

1.5  Geen goedere word teruggeneem en die rekening daarmee gekrediteer nie.

 

        DEPOT-URE

2.1    Die depot-ure is as volg:  Maandae tot Vrydae:   Oop vanaf 09:00 - 14:00

2.2    Die depot open op 18 Januarie 2012 en sluit op Vrydag 16 November 2012.

2.3    Behalwe die openbare vakansiedae is die depot ook gesluit op Maandag 30 April 2012. 

 

3        MANIER VAN BESTELLING

         Bestellings kan op die volgende maniere geplaas
         word: 

3.1   Toonbankbestellings, d.w.s. waar die kommando na die depot kom, sy bestelvorm gee, die personeel die bestelling uitvoer en die kommando die goedere wegneem na betaling. (Kyk ook par. 4.7.)

3.2   Posbestellings, d.w.s. waar die kommando sy bestelling na die depot stuur, die personeel die bestelling uitvoer en die goedere dan per pos na die kommando versend. (Kyk ook par. 6.)

3.3   Bestelling per faks of e-pos. Sulke bestellings word slegs uitgevoer nadat die geld daarvoor ontvang is. (Kyk ook par. 7.).

3.Geen telefoniese of KBA-bestellings kan ongelukkig aanvaar word nie.

 

4       TOONBANKBESTELLINGS PER AFSPRAAK

4.1  Dit geld vir GROOT bestellings en vir ALLE bestellings wat in Maart- en Oktobermaand geplaas word.

4.2  Maak asseblief vooraf 'n afspraak by die Voortrekkerdepot.

4.3  Lewer die amptelike bestelvorm wat behoorlik voltooi is aan die personeel wanneer u die afspraak nakom.

4.4   Die personeel sal die bestelling uitvoer en die koste daarvan bepaal.

4.5  Die kommando betaal vir die goedere.

4.6  Die depotpersoneel verpak die goedere en die kommando neem dit saam terug.

4.7  U kan ook die bestelling faks of e-pos en 'n paar dae later kom afhaal.

 

      TOONBANKBESTELLINGS SONDER
         AFSPRAAK

5.1  Inloopbestelling vir enkele items vir kommando's wat nie vooraf 'n afspraak gemaak het nie is moontlik, behalwe gedurende Maart- en Oktobermaand. In so 'n geval sal die persoon bereid moet wees om te wag wanneer die personeel besig is om 'n persoon te bedien wat vooraf 'n afspraak gemaak het.

5.2  Kommando's met groot bestellings waarvoor daar nie vooraf 'n afspraak gemaak is nie, kan dit ook op die volgende manier hanteer:

         Bestelvorms wat voor 09:30 by die depot besorg word, sal soos 'n posbestelling hanteer word en kan op die volgende dag afgehaal word óf dit kan per pos versend word. Die aankoper kan vooraf telefonies vasstel of die bestelling gereed is.

 

       POSBESTELLINGS

6.1     Kommando's kan te eniger tyd posbestellings
          plaas.

6.2    Posbestellings word waar moontlik op die dag van ontvangs daarvan uitgevoer, maar nie later as die volgende werksdag nie.

6.3    Alle bestellings word per pos versend op die wyse wat die kommando versoek, naamlik gewone pos of voorkeurpos.

6.4    Kommando's betaal die posgeld op bestellings.

6.5   Sodra pakkies gepos is, gaan die risiko oor na die koper.  lndien die pakkie nie afgelewer word nie, of wanneer goedere uit 'n pakkie vermis word, moet die koper 'n eis instel.

 

      BESTELLINGS

7.1  Faks (faksnommer 012 329-0200) of e-pos (vtdepot@iafrica.com) bestellings aan die Voortrekkerdepot deur.  Meld asb die volgende op u bestelling

         (a)   Naam van die kommando.
(b)  Posadres.
(c)  Naam en telefoonnommer van die kontak-
      persoon.

LW.   U moet self die Voortrekkerdepot skakel om die verskuldigde bedrag uit te vind - telefoonnommer 012 329-0198 / 99.

7.2    Dit is baie belangrik dat die volgende ook op u bestellings gemeld word:

·        Kleur van die Gholfhemde.

·       By bestelling van Penkop en Drawwertjie spesialisasie kentekens moet u asb. die graad meld.  Daar is bv drie verskillende Godsdiens kentekens.

·       By die graadwiele meld asseblief of dit vir Verkenners of Penkoppe en Drawwer-tjies moet wees, of meld die Graad.

·       By die Jukskeie en Voorjukke moet u asb. die kleur vermeld.

·     Wanneer u die groepsteken bestel moet u asb meld of dit Penkoppe of Drawwertjie moet wees.

·       Meld ook by die bestel van die Gebiedswapen die naam van die gebied.

·       Beperkte lewering - sien punt nr 10 in pryslys.

·       Wanneer boeke bestel word moet u asb meld of dit vir kinders of offisiere is.

·       By die spesialisasie kenteken boekies moet u meld of dit vir Verkenners of Penkoppe en Drawwertjies moet wees.

·     LW.  Geen kentekens, drukwerk, lektuur en diverse items  word omgeruil of terug-geneem vir krediet nie.

7.3   Deponeer die geld in die depot se bankrekening by ABSA Ben Swartstraat, rekeningnommer 050 305 015 en faks die depositostrokie aan die depot.

7.4   Faksbestellings kan ook persoonlik afgehaal en met 'n kommandotjek betaal word.

7.5   Geen bestellings sal gepos of mag afgehaal word voordat daarvoor betaal is nie.

 

      BETALING

8.1  Alle bestellings is streng kontant. Geen kredietverkope is moontlik nie.  Betaling geskied d.m.v. tjeks, kredietkaart of bankinbetalings.

8.2   Wanneer 'n kommando 'n posbestelling doen en per tjek betaal, moet 'n blanko kommandotjek uitgemaak aan "Die Voortrekkers" en gekruis "Nie Verhandelbaar nie", by die posbestelling ingesluit wees.

8.3   'n Bedrag van R60 word gehef t.o.v. alle tjeks wat onbetaald deur die bank terug-gestuur word, wat die rede daarvoor ookal mag wees.

 

      OMRUILING

9.1   Voortrekkerdragstukke kan omgeruil word, maar nie kentekens, drukwerk, lektuur en diverse items nie.

9.2   Voortrekkerdragstukke kan vir omruiling aangebied word indien dit netjies verpak is soos by die aankoop daarvan.

9.3   ‘n Bestelvorm moet vir omruilings ingesluit word.

9.4   Posgeld vir omruilings moet ingesluit word.

9.5   Na omruiling moet daar nie 'n kredietsaldo wees nie.

 

10     BEPERKTE LEWERING

BESTELLINGS VIR DIE VOLGENDE KENTEKENS KAN NET BY VERTONING VAN DIE SERTIFIKAAT VAN TOEKENNING (OF 'N FOTOSTAAT DAARVAN) UITGEVOER WORD:

10.1     Medaljes vir besondere diens

10.2     Toekenning van die Vriend

10.3     Offisierskursuskentekens

10.4     Presidentverkenner

10.5     Hoofleierswag

10.6     Voorslag P/D lapelwapen

10.7     Silwerjuk

10.8     Goue juk

10.9     Juk vir 35, 40, 45 en 50 jaar getroue diens

10.10    Reddingsboei (kenteken vir dapperheid)

Die leierskapspenning is net vanaf gebiedskantore verkrygbaar.

 

11       SLOT

11.1    Hierdie bestellingsriglyne is deur die Hoofdag-bestuur neergelê.

11.2  Enige klagtes oor die Voortrekkerdepot moet skriftelik by die Adjunkhoofleier [Administrasie] aanhangig gemaak word.

 

M Meiring
ADJUNKHOOFLEIER [Finansies] 

 

Pryse onderhewig aan veranderinge gedurende die jaar.

 

 

 
 

Vrae of probleme in verband met hierdie Webblad moet gestuur word aan webmeester@voortrekkers.org.za
Kopiereg:  Die Voortrekkers.    

Alle regte voorbehou.