Die MISSIE van Die Voortrekkers:
Die missie van Die Voortrekkers beskryf die doel van ons organisasie en is 'n kort opsomming van wat die lede gebied word. Dit lees as volg:
Die Voortrekkers bemagtig Afrikaners om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees.
Met "suksesvol" word bedoel dat elkeen sy volle potensiaal sal bereik deur effektiewe persoonlike leierskap.