Inwyding van die Voortrekkermonument

 

Die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 in klank! Dit is ‘n uiters kosbare stuk Africana wat destyds tot beskikking van volksgenote gestel was. Daaroor het die eresekretaris van die inwydingskomitee soos volg geskryf:

 

“Die herbelewing van die luisterryke inwydingsfees by wyse van die aanhoor van hierdie plate, verhef die mensegees tot hoë sfere van waaruit hy visioenêr terugkyk oor eeue wat die ontberingsvolle wording van ‘n volk oorspan …”

 

Goeie nuus is dat ‘n oorklanking van hierdie aangrypende geleentheid nou weer die besit van individue en gesinne kan word, deur bloot die laserskyfweergawe daaroor te bekom.

 

Die laserskyf-opname wat onlangs vrygestel is, bevat die oorspronklike ses plate-opnames wat tydens die verrigtinge in 1949 gemaak is. Met hierdie oorklanking word die verrigtinge van daardie gedenkwaardige dag binne die bereik van volksgenote gebring wat nie oor die oorspronklike stel plate-opnames beskik nie. Insgelyks is dit in pas met die jongste tegnologie, wat meebring dat dit deur ʼn veel groter gehoor van volksgenote beluister en herwaardeer kan word in 2010.

 

Die laserskyf met ’n klankgehalte gelyk aan dié van die plate-opnames is deur mnr John Gerber saamgestel en versorg. Dit is ‘n projek wat deur die Dankbaar Geloftefeeskomitee van Bloemfontein onderneem word, wat ook die verspreiding behartig. Dit kan van die volgende persone bekom word teen ʼn prys van slegs R50 plus posgeld:

Willie Engelbrecht   082 728 1489

Hugo Hayes           051 525 2341 (W)

                                   076 817 6269

Betalings kan soos volg gedoen word:

 

Elektroniese Oorbetalings

Rekening Naam – Dankbaar Geloftefeeskomitee

Rekening Nommer – 9016192156

Tak Kode – 720026

Tipe – Spaar

Bank  - Nedbank Corp Saver

 

Inbetaling by die bank (Nedbank) tjeks of kontant

Naam van Rekening – Nedbank CSaver tkv Dankbaar Geloftfeeskomitee

Rekening Nommer – 1619000644

Verwysing Nommer – 9016192156

By enige Nedbank Tak kan inbetalings gemaak word.