|
|
TOESPRAAK VAN HOOFLEIER PIET STRAUSS
BY HW/PV-OORHANDIGING VAN TRANSVAAL OP 22 AUGUSTUS 2009 IN DIE
VOORTREKKERMONUMENT
1. Daar is al gesê dat HW of PV vir jou deure oopmaak vir studiebeurse
of poste. Kan egter ook vir jou deure oopmaak by ‘n toekomstige skoonpa
of skoonma. My eie dogter se man is deur my 2 jaar gelede oor die
telefoon uit Londen “aanvaar” as iemand van huweliksmateriaal net omdat
hy ‘n PV is!!??
2. As jy in Die Voortrekkers HW/PV kry, voldoen jy aan die uitdrukking
dat HW/PV IS GLO… die volgende eienskappe. Elke letter van IS GLO…staan
vir ‘n eienskap.
3. I… staan vir dat ‘n HW/PV die ABC van Die Voortrekkers verInnerlik
het. Die C is innerlik omdat jy ‘n lewende geloofsband met die Here het.
Hy woon in jou deur sy Gees en jy glo in Hom met ‘n lewende geloof. Die
A is Innerlik omdat jy vanuit innerlike oortuiging assosieer met die
Afrikaner. Omdat jy geestelik en kultureel regtig tuis is tussen jong
Afrikaners en omdat Afrikaans en die moderne Afrikaanse lied in jou
leef. Die B beteken dat hierdie land met sy horisonne jou Innerlik bind.
Die oop, wye vlaktes van die Vrystaat bind my en ‘n hardekoolvuurtjie
onder ‘n wilde sering iewers op ‘n skemeraand in Noord-Transvaal bind
jou.
4. S… staan vir dat ‘n HW/PV hom- of haarself aanvaar: Selfaanvaarding.
Voortrekkers maak dit vir jou makliker omdat hulle jou met jou
persoonlikheid en gawes as ABC-kind aanvaar en vir jou help om jou plek
in die span te vind. Selfaanvaarding kom makliker as jy besef dat God en
jou maats jou as mens en as persoon aanvaar. Elke ABC-kind in Die
Voortrekkers is belangrik, daar is geen klasseverskille nie. Dr NJ van
der Merwe, ons eerste Hoofleier (1931-1940), was reeds hiervan oortuig.
5 G… staan vir Groepwerk as HW/PV in Die Voortrekkers. Groepwerk is die
kern van die manier waarop Die Voortrekkers werk. Die nuwe Nasionale
Jeugraad is so ‘n groep. Elkeen se sterk punte word raakgesien en
gebruik in die groep. Hulle vul mekaar aan, werk saam en elkeen neem
leiding as hy of sy op daardie gebied kennis het. Intussen bind die ABC
as waardestelsel hulle innerlik saam. Dit vorm die fondament waarop
hulle werk. So vind Verkenners uit 15 verskillende kommando’s mekaar op
die eerste aand op Kalahari Vasbyt in Meimaand in die Noord-Kaap. Hulle
het mekaar se name nie geken nie, maar het mekaar onmiddellik as
ABC-jeug herken.
6 L… staan vir elke HW/PV is ‘n erkende Leier in Die Voortrekkers.
Natuurlik kry jy onder die HW/PV’s eerste en tweede linie-leiers. Ons
kan nie almal gelyk leiers wees in die groot groep nie. Die Voortrekkers
gee egter aan elkeen talle geleenthede om leiding te neem en dit te
oefen. Jy kry erkenning daarvoor deur take wat jy ontvang.
7 O… staan vir Ondersoek en Oplossing. Voortrekkers is gewoond aan
situasies waarin hulle probleme kry om op te los. Hulle is anders as
ander kinders wat in so ‘n geval maklik boedel oorgee of platval. Hulle
kan sonder klagtes en verwyte self oplossings vind. So kan Voortrekkers
hulle self vir ‘n hele aand vermaak as hulle self inisiatief moet
gebruik. ‘n Moderne HW/PV IS GLO… ‘n ABC-vasbyter wat voluit lewe. Daarom laat ek julle met die slagspreuk wat ek op Transvaalse selfbehoud-
kampe geleer het:
Uithou, aanhou, koershou!!!
|
|
Vrae of
problem in verband met hierdie Webblad moet gestuur word aan
webmeester@voortrekkers.org.za Alle regte voorbehou. |