-
Die Voortrekkers
vereer offisiere en staatmakers wat besondere diens
verrig het met die Medalje vir besondere diens aan Die
Voortrekkers‑‑ (goud, silwer of brons) en die
-
Dekorasie
vir buitengewone diens aan Die Voortrekkers ‑ goud in
ooreenstemming met die vlak waarop die diens verrig is.
-
Erelidmaatskap
word toegeken aan enige oud-lid van Die Voortrekkers wat na
die oordeel van die hoofbestuur oor 'n lang tydperk besondere diens
aan Die Voortrekkers as Voortrekker gelewer het.
-
Die Voortrekkers vereer dapperheid aan sy lede met
die Toekenning vir Dapperheid (Reddingsboei).
-
Die Voortrekkers
vereer lede wat nie voortrekkerdrag dra nie en wat diens aan Die
Voortrekkers gelewer het met die Penning vir uitstaande jeugdiens
(goud, silwer en brons)