|
![]() |
![]() |
| VOLWASSE SAKE | |||
|
|
Die gedragskode vir 'n Volwasse lid van Die Voortrekkers
Elke volwasse lid van Die Voortrekkers aanvaar die volgende riglyne vir sy optrede omdat sy lewenswyse ook 'n leerboek vir die leier van môre is:
a) Om getrou te wees aan die missie, visie, grondslag, wese, doelstellings, offisiers belofte, van Die Voortrekkers, om dit my eie te maak en dit te bevorder.
Wees ‘n ABC-offisier wat weet waaroor Voortrekkers gaan
b) Om 'n Bybels-Christelike lewens- en węreldbeskouing te handhaaf.
Leef jou Christenskap uit
c) Om te weet dat dit in Die Voortrekkers om die jeuglid gaan, dat sy behoeftes en omstandighede bepalend moet wees en dat my positiewe siening van 'n kind 'n vormende invloed op die jeuglid sal hę.
Wees ‘n rolmodel vir die jeuglid
d) Om lojaliteit en respek te betoon teenoor alle lede van Die Voortrekkers en my amp of posisie te beklee in 'n gees van hulpvaardigheid en welwillendheid.
Respekteer almal om jou en wees daar vir hulle
e) Om te alle tye sober en onberispelik op te tree en my nie skuldig te maak aan misbruik (of die indruk van misbruik te laat) van enige aard nie.
Tree onberispelik op.
f) Om my daarvan te weerhou om uitsprake oor dogmatiese of partypolitieke aan geleenthede te maak.
Weerhou jou van kerkistiese en partypolitieke uitsprake
g) Om positief op te tree in die uitvoering van dissipline en niemand hardhandig, vernederend of verkleinerend te behandel nie.
Pas dissipline opbouend toe
h) Om bereid te wees om op 'n gereelde basis opleiding en verrykingsgeleenthede by te woon.
Woon gereeld volwasse opleiding by.
i) Om 'n ambassadeur vir Die Voortrekkers te wees en die beeld daarvan te bevorder.
Wees ‘n ambassedeur vir die Voortrekkers.
j) Om pro-aktief te wees in my beplanning, regverdig in my oordeel en positief in my siening en nie myself of my span ten koste van ander te bevoordeel nie.
Wees altyd voorbereid, onpartydig en positief
k) Om kreatief en inisiërend te dink en te doen en om nie die weg van minste ongerief te volg nie.
Wees kreatief
l) Om betyds kennis te gee indien ek 'n verantwoordelikheid nie kan nakom nie en om goed voorbereid, entoesiasties en stiptelik te wees in die nakoming van my pligte.
Wees betroubaar en entoesiasties
|
||
|
|
|
||
|
Vrae of probleme in verband met hierdie Webblad moet gestuur
word aan
webmeester@voortrekkers.org.za |