Kliek hier om "Acrobat Reader" af te laai !
Kliek hier om JAVA te kry.

 

   

My naam is Victoria Regina Heunis, en ek is tans besig met my M.A.-graad in Kultuurgeskiedenis en is as student verbonde aan die Universiteit van Pertoria. Die tema van my verhandeling is: Gedenktekens opgerig tydens die Simboliese Ossewatrek en Voortrekkereeufees, 1938. Met die studie word daar gefokus op die monumente, klipstapels, standbeelde, ossewapore in sement­blokke, hoekstene en trekbakens wat in 1938 met die Voortrekkereeufeesvieringe oral in Suid-Afrika opgerig is. Die doel is om ‘n volledige databasis saam te stel en sover moontlik die tasbare onverskuifbare erfenis wat opgerig is, deeglik te dokumenteer.

 

Die invul van vraelyste oor die gedenktekens vorm ‘n integrale deel van my navorsingsprojek en, en daar is nie baie oor die gedenktekens opgeteken nie. Omdat die gedenktekens reg oor Suid-Afrika versprei is, is dit finansieel en tydsgewys vir my onmoontlik om elke een te besoek en daarom vra ek u hulp asb.

 

 
 
   

Vrae of probleme in verband met hierdie Webblad moet gestuur word aan webmeester@voortrekkers.org.za
Kopiereg © 1999 - 2007 Die Voortrekkers. Alle regte voorbehou.