Die doelstellings van
Die Voortrekkers is:
4.1 om die geloof in die Drie-enige God en die Christelike godsdiens wat uit dié geloof
voortspruit, uit te leef; 4.2 om gesag te aanvaar en die deugde te beoefen wat eie is aan die Bybels-
Christelike lewe; 4.3 om die kultuur van die Afrikanervolk oor te dra en uit te bou en om ons kultuur
erfenis te waardeer en te bewaar; 4.4 om uit die verlede van die Afrikanervolk te neem dit wat goed is en daarop te bou
vir die toekoms;
4.5
om ons omgewing waar te neem, te waardeer en te bewaar;
4.6
om tot goeie landsburgers en leiers te ontwikkel; en 4.7 om gewoontes van oplettendheid, ondersoek, waardering, selfbehoud en diens
vaardigheid te ontwikkel.
|
||||